James Caan

James Caan
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Caan in 1976.

Geboortenaam James Edmund Caan
Geboorte 26 Maart 1940
Bronx, New York, Verenigde State
Sterfte 6 Julie 2022 (op 82)
Manhattan, New York, Verenigde State
Nasionaliteit Amerikaner
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1961 - 2022

James Edmund Caan[1] (26 Maart 1940 - 6 Julie 2022) was ’n Amerikaanse akteur. Ná vroeë rolle in rolprente soos El Dorado (1966), het Caan in die 1970's meer bekend geraak in groot rolle in prente soos Brian's Song (1971), The Godfather (1972), The Gambler (1974), Rollerball (1975) en A Bridge Too Far (1977).

Van sy latere noemenswaardige prente sluit in Thief (1981), Misery (1990), For the Boys (1991), Bottle Rocket (1996) en Elf (2003), sowel as die rol van "Big Ed" Deline in die televisiereeks Las Vegas (2003–2008). Vir sy rol in The Godfather was hy vir ’n Oscar vir beste manlike byspeler benoem.

  1. "James Caan" (in Engels). TV Guide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2019. Besoek op 12 Junie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search